Skip to content

Tennis: Alcaraz beplan om meer te rus om verdere ernstige beserings te voorkom

# Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, wil langer rus tussen toernooie om ‘n herhaling te voorkom van die besering wat hom vier maande op die kantlyn gehou het. Die verdedigende kampioen is steeds op koers na ‘n derde Amerikaanse Ope-titel nadat hy die derde ronde gehaal het. Die 23-jarige Spanjaard sê dis onmoontlik om die huidige eise vol te hou. Hy sê die beheerliggaam, ATP, voeg net meer toernooie by, wat lei tot omtrent 40 uit 52 weke van die jaar op die baan, en baie spelers raak beseer of moeg.