Skip to content

Sharpeville-oorlewendes eis geregtigheid en vergoeding

# Oorlewendes en afstammelinge van die Sharpeville-slagting in 1960 het ‘n geskiedkundige saak teen die regering in die Hooggeregshof in Pretoria aanhanging gemaak. Lawyers for Human Rights en Leigh Day ondersteun die groep wat die hof vra om die Vrywaringswet van 1961 tersyde te stel. Die wet het amptenare van die apartheidsregering teen aanspreeklikheid beskerm. Die families eis vergoeding en moontlike strafregtelike vervolging. Meer as 70 oorlewendes en familielede het reeds aangedui hul wil by die saak aansluit. Hulle voer aan vorige vergoedingsmaatreëls was onvoldoende en het nie die langtermyn gevolge in ag geneem nie.