Nuus 06:00
BULLETIN 3 September 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Verkiesingskommissie sê hy sal nie die laat indiening van kandidaatlyste aanvaar nie
# Donald Trump stel voor dat die Straat van Hormoes na ‘Trumpstraat’ hernoem word
# En Airlink onttrek sy aansoek vir ‘n oorvlug voor die derde toets
# Die Verkiesingskommissie sê sy verslae toon geen bewyse van probleme met sy kandidaatbenoeming-stelsel op die sperdatum nie. Dit volg nadat die ANC sê tegniese foute het hom verhoed om kandidaatlyste vir verskeie munisipaliteite voor verlede Vrydag se sperdatum in te dien. Die kommissie het dit egter verwerp en gesê sy aanlyn stelsel was operasioneel. Die kommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê daar sal geen grasietydperk wees vir partye of onafhanklike kandidate wat die benoemingsperdatum gemis het nie:
# Standard Bank sê China se nultariefbeleid skep nuwe geleenthede vir uitvoerders vanuit Suid-Afrika, Kenia, Zimbabwe en Nigerië om die Chinese mark te betree en uit te brei. Die bank sê laer invoerregte help besighede soos Suid-Afrikaanse vrugte- en wynprodusente om koste te verminder en hul uitvoermarkte te diversifiseer. Hy sê sterker betalingstelsels wat China se renminbi-geldeenheid gebruik, kan handel verder bevorder en Afrika-ondernemings help om hul afhanklikheid van tradisionele uitvoermarkte te verminder.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê Suid-Afrika benodig sterker en voorkomende beskerming vir fluitjieblasers. Die organisasie sê hy het nie die Wet op Beskermde Bekendmakings in sy huidige vorm ondersteun nie. Hy wil ook hê die polisie moet diegene ondersoek wat na bewering opdrag gegee het vir die moorde op fluitjieblasers en die moorde gefinansier het, nie net die mense wat dit uitgevoer het nie. Deur die ‘Hulle het name’-veldtog, beklemtoon OUTA die uitwerking van vermoorde fluitjieblasers op hul families en doen ‘n beroep op ‘n onafhanklike owerheid om dringende beskerming en ondersteuning te bied.
# Die DA sê Gauteng kan nog ‘n leerderplasingskrisis beleef as skoolaansoeke nie vroeër oopgemaak word nie. Volgens die party moet die Gautengse Departement van Onderwys aansoeke vir die 2027-skooljaar teen April oopmaak en dit tot September oophou. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê dit sal die departement genoeg tyd gee om aansoeke te verwerk, en plasings- en tegniese probleme op te los voordat skole heropen:
# President Donald Trump het voorgestel dat die Straat van Hormoes na ‘Trumpstraat’ hernoem word. Dit volg nadat Washington en Iran aanvalle hervat het en steeds in ‘n dooiepunt oor die Straat verkeer. Teheran eis die reg op beheer oor die strategiese waterweg; die VSA sê egter dit is ‘n internasionale waterweg. Minstens 26 vaartuie is sedert 17 Junie aangeval terwyl hulle deur die Straat van Hormoes gevaar het. In ‘n plasing op Truth Social beweer Trump dat die Straat nou ten volle deur die VSA beheer word.
# Airlink het sy aansoek om goedkeuring vir ‘n oorvlug voor Saterdag se derde toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Johannesburg teruggetrek. Dit volg terwyl die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek instel na die afgelope naweek se Airlink-oorvlug oor Kaapstad-stadion voor die tweede toets, na kritiek oor die hoogte van die oorvlug. Die owerheid sê hy het met voldoeningsverifikasies begin, Airlink betrek en die vlugdata-opnames afgelaai. Hy sê hy het nou met die ontledingsproses begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-4-sent teen die dollar, 18-rand-60-sent teen die euro en 21-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 77-duisend-97-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-387-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 97-dollar-34-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….