Skip to content

Rugby: Rassie beplan om altesaam 36 spelers te gebruik in reeks teen All Blacks

# Rugby: Die Springbokke se afrigter Rassie Erasmus verwag om altesaam 36 spelers te gebruik wanneer die Greatest Rivalry-toer teen die All Blacks volgende naweek in Baltimore, Amerika, eindig. Hy het reeds 30 spelers in die eerste twee wedstryde ingespan en net een verandering aan die groep gemaak vir Saterdag se derde kragmeting op die FNB-stadion in Johannesburg. Erasmus beplan om ses ongebruikte spelers na Baltimore te neem, insluitend die veteraan-losskakel Handré Pollard, wat weens ‘n besering aan die tweede toets moes onttrek.