# Die Departement van Basiese Onderwys berei riglyne voor om grense te stel vir boodskappe tussen onderwysers en leerders op WhatsApp en sosiale media om onvanpaste verhoudings te voorkom. Die adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame, Riaan van der Bergh, sê die probleem is gedrag en nie tegnologie nie. Hy sê net reëls sal nie onetiese gedrag stopsit nie en waarsku privaat WhatsApp-gesprekke kan gevaarlik wees. Groepgesprekke maak groter deursigtigheid en beter toesig moontlik. Hy stel formele platforms, gesprekke wat tot skoolure beperk word en ouerbetrokkenheid voor.
Skoolbeheerliggaam steun strenger reëls vir WhatsApp-boodskappe tussen onderwysers en leerders