# Krieket: ‘n Splinternuwe Pakistanse groep gaan van volgende Woensdag teen Engeland speel in die laaste toets op Edgbaston. Hoofafrigter Sarfaraz Ahmed en boul-afrigter Umar Gul is afgedank en sewe spelers huis toe gestuur na die besoekers se swak vertoning in die eerste twee wedstryde. Pakistan het op Headingly die spit afgebyt met ‘n beurt en 103 lopies, en op Lord’s met 194 lopies verloor, en word beskryf as die land se swakste ooit. Mike Hesson van Nieu-Seeland gaan by Ahmed oorneem en Ashley Noffe van Australië by Gul.
Krieket: Pakistan steek twee afrigters in die pad en stuur sewe spelers huis toe na hulle eerste twee toetse teen Engeland verloor