# Krieket: Die Protea-snelbouler, Kagiso Rabada, is in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om betyds fiks te wees vir die tuisreeks van drie toetse teen Australië in Oktober. Hy het sy regter-agterkniesening beseer tydens oefening vir sy plaaslike span, die Lions. Rabada is reeds onttrek van die eendagreeks teen Australië, wat volgende maand begin. Krieket Suid-Afrika sê sy beskikbaarheid vir die toetsreeks sal afhang van sy vordering en rehabilitasie en ‘n finale besluit oor sy insluiting sal nader aan die tyd geneem word.
Krieket: Kagiso Rabada kan toetsreeks teen Australië misloop weens besering