Nuus 06:00
BULLETIN 31 Augustus 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vertrou die howe om die hersiening van sy Artikel 89-verslag te hanteer
# SAFTU is bekommerd oor die gebrek aan fondse vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
# En rugby: Griekwas klop Boland om die Curriebeker-halfeindstryd te haal
# President Cyril Ramaphosa sê hy het vertroue in die howe en die Parlement om sake rakende die Artikel 89 Onafhanklike Paneelverslag te hanteer. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal hierdie week die president se hersieningsaansoek van die paneel se verslag aanhoor, wat bevind het dat hy antwoorde moet verskaf oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas. Ramaphosa het gister tydens die ANC se verkiesingsveldtog in Orange Farm beklemtoon dat hy die hof se besluit sal respekteer:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê hulle sal nou ‘n gedetailleerde program ontwikkel vir die verwerking van die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture, algemeen bekend as die Munisipale Koalisiewetswetsontwerp. Die wetsontwerp is daarop gemik om ‘n wetgewende raamwerk te bied vir die vestiging en doeltreffende funksionering van koalisieregerings in plaaslike regerings. Een van die kritieke voorstelle in die wetsontwerp is om skriftelike koalisie-ooreenkomste verpligtend te maak. Die komitee sê dit sal die ooreenkomste meer deursigtig, bindend en openbaar verantwoordbaar maak.
# Die vakbondfederasie, SAFTU, is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sistematies ondergrawe is deur jare van onderbefondsing, besuinigings, verswakte infrastruktuur, verouderde toerusting en onvoldoende belegging in operasionele vermoë. Asive Dyani van SAFTU sê die regering het jare lank meer verantwoordelikhede vir die Weermag gegee terwyl hy nagelaat het om hulpbronne te verskaf wat ooreenstem met die pligte. Sy sê die Weermag word toenemend gebruik om te vergoed vir mislukkings in polisiëring, intelligensie, regspleging, grensbestuur en maatskaplike beleid:
# Die DA in Ekurhuleni sê dit is onaanvaarbaar en skandalig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, 1,2-miljoen-rand verdien terwyl hy in ‘n sel sit en wag op strafregtelike klagtes teen hom. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê die provinsiale LUR vir Infrastruktuurontwikkeling en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo het dit erken. Sy sê Mkhwanazi is vyf keer in hegtenis geneem, op vyf aanklagte, en is nie borgtog toegestaan nie:
# Owerhede in Nepal het gewaarsku teen hernude oorstromings, met die dodetal ná verlede Woensdag se kitsvloede langs die Nepal-Tibet-grens wat steeds styg. Minstens 788 mense is in Nepal dood, terwyl Chinese owerhede minstens 16 sterftes aangemeld het. Na raming word drie-duisend mense in beide lande vermis, insluitend buitelandse burgers. Nepalese owerhede het inwoners in vloedgeteisterde distrikte versoek om op hoë gereedheidsgrondslag te bly nadat watervlakke in die Bhote Koshi-rivier gestyg het. ‘n Gletserineenstorting het die ramp veroorsaak.
# Rugby: Die Griekwas het ‘n oortuigende oorwinning van 45-17 oor die Boland Kavaliers in Wellington, Wes-Kaap behaal en só hul hoop op die Curriebeker-halfeindstryd beëindig. Die verdedigende kampioene het sewe drieë gedruk om die Cheetahs bo-aan die punteleer te verwyder. Met dié oorwinning is die Griekwas deur na ‘n halfeindstryd teen die vierde geplaaste Leeus in Kimberley Saterdag. In die ander halfeindstryd sal die tweede geplaaste Cheetahs die derde geplaaste Pumas in Bloemfontein verwelkom. Die eindstryd is op 12 September.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-15-sent teen die dollar, 18-rand-72-sent teen die euro en 21-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-464-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-460-dollar-11-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 91-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….