Nuus 18:00
BULLETIN 28 Augustus 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Kabinet prys Eskom se vordering met lasvermindering in sewe provinsies
# Die MK-party benoem sy burgemeesterskandidate vir ses metro’s
# En, reddingswerk na die Nepal-vloede is op ‘n kritieke stadium
# Die Kabinet het Eskom se voortgesette vordering verwelkom, met sewe provinsies wat lasverminderingstatus voor die Oktober-teiken bereik het. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê sowat 1,2-miljoen kliënte is na normale voorsiening herstel, terwyl geaffekteerde kliënte nou 6,8-persent van Eskom se basis uitmaak. Sy verwelkom ook die vermindering in dieselbesteding van meer as 83-persent op ‘n jaar grondslag :
# Die MK-party het burgemeesterskandidate vir ses metropolitaanse munisipaliteite benoem voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die kandidate is voormalige DA-burgemeester Bongani Baloyi vir Johannesburg, Thulani Shongwe vir Ekurhuleni, Zandile Hlophe-Mkhwanazi vir eThekwini, Mapaseka Mothibi vir Mangaung, Mzwandile Vaaiboom vir Buffalo City en Mvuleni Map vir Nelson Mandelabaai. Sibonelo Nomvalo van die party sê die kandidate sal MK se veldtog lei om sy teenwoordigheid in sleutelmetrosgebiede te vergroot:
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het beloof om die volgende vyf jaar minstens 500-duisend nuwe werksgeleenthede te skep indien die DA beheer behou in die plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê die metro het die afgelope vyf jaar 418-duisend werksgeleenthede geskep, byna die helfte van alle nuwe werksgeleenthede in Suid-Afrika se agt metro’s. Hill-Lewis sê die stad se werkstrategie fokus op belegging, infrastruktuur, die vermindering van burokrasie en die ondersteuning van ondernemings:
# Reddingswerk in Nepal en aan die grens met Tibet betree ‘n kritieke stadium terwyl spanne soek na honderde vermiste mense na die verwoestende kitsvloede. Minstens 469 mense is in Nepal dood, met byna ‘n duisend wat steeds vermis word. In Tibet word 558 mense vermis. Reddingspanne moes ook die bedreiging van ‘n tweede vloed uit ‘n nuutgevormde meer trotseer, waar grondverskuiwings ‘n rivier laat opdam het. Die meer loop reeds oor, wat spanne dwing om reddingswerkte staak terwyl die dam se veiligheid ondersoek word.
# Rugby: Die Wallabies-afrigter Les Kiss het sy voorspelers vir môre se toets teen Argentinië in Jujuy hersien in ooreenstemming met sy rotasiebeleid. Kaptein Harry Wilson kry ‘n ruskans en stut Allan Alaalatoa sal Australië aanvoer. Onder die veranderinge is Rob Valetini in die nommer agt-trui wat gewoonlik deur Wilson gedra word, Tom Hooper keer terug van besering as steelkantflank, en Fraser McReight is as nommer sewe gekies. Die agterlyn is dieselfde as die een wat Japan onlangs in Townsville geklop het. ‘n Oorwinning vir Australië sal hulle na sewende op die wêreldranglys laat opskuif.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-11-sent teen die dollar, 18-rand-70-sent teen die euro en 21-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-288-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-555-dollar-81-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 90-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….