# Krieket: Duan Jansen moes vyf jaar wag om by sy tweelingbroer, Marco, aan te sluit in die nasionale groep. Hy kan sy buiging vir die Proteas maak in die driehoekige T20-reeks teen Namibië en Zimbabwe in Windhoek, wat môre afskop met die wedstryd tussen Suid-Afrika en Namibië. Die 26-jarige Jansen word beloon vir skitterspel in die SA20, die Indiese Premierliga en vir sy plaaslike span, die Titans. Hy sê hy was emosioneel toe hy opgeroep is, want dit bewys deursettingsvermoë kan vrugte afwerp.
Krieket: Duan Jansen sê vasbyt het uiteindelik vrugte afgewerp