# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn sê Suid-Afrika se nederlaag teen die All Blacks in die eerste toets was nie noodwendig sleg nie. Dit was hulle eerste nederlaag in 13 maande nadat hulle verlede jaar laas in Auckland teen Nieu-Seeland verloor het. Steyn sê die reeks is nog besig om te ontvou en Suid-Afrika moes terugkom aarde toe. Hy glo ‘n span leer meer uit ‘n nederlaag as uit ‘n oorwinning, hoewel Bok-ondersteuners nie sal saamstem nie omdat hulle wil hê die span moet altyd wen.
Rugby: Morné Steyn glo Bokke se nederlaag in die eerste toets was ‘n goeie ding