Skip to content

Padwedlope: Comrades-wenners Steyn en Kusche slaag opkikkertoetse, R8m-uitbetaling bevestig

# Padwedlope: Die Comrades-marathon-vereniging sê alle opkikkertoetse in vanjaar se wedloop was negatief. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Opkikkervrye Sport het bevestig geen van die getoetste atlete het positief getoets nie, wat die weg baan dat die agt-miljoen-rand se prysgeld uitbetaal kan word. Gouemedaljes sal aan die voorste tien mans- en vroue-atlete uitgedeel word. Die wenners, Gerda Steyn en George Kushe, wat albei die rekords vir die op-wedloop verbeter het, kry elk meer as 2,3-miljoen-rand, insluitend bonusse vir hulle tye.