# Twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat beamptes van die Taktiese Reaksie-eenheid van die Johannesburgse Metropolisie gister onwettige vuurwapens in Lufhereng, Gauteng, onderskep het. Woordvoerder Xolani Fihla sê beamptes het reageer op inligting oor ‘n vuurwapentransaksie wat met ‘n voertuig verbind was en die voertuig afgetrek. Die polisie het ‘n geweer met ‘n magasyn, ‘n pistool met ‘n magasyn asook lewendige ammunisie vir die vuurwapens gevind. Die verdagtes is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn:
JMPD Taktiese Reaksie-eenheid onderskep onwettige vuurwapens in Soweto [KLANK]
ENG FihlaOnAmmunition