# Minstens 16 mense is dood en meer as 130 gewond toe verskeie Russiese hommeltuie ‘n winkelsentrum in sentraal-Oekraïne getref het. President Volodymir Zelensky het ‘n reaksie belowe op wat hy ‘n “barbaarse daad” noem. Streekgoewerneur Oleksandr Hanzha sê daar was 22 kinders onder die gewondes in die aanval laat Vrydag op die stad Kryvyi Rih, wat Zelensky se tuisdorp is. Hanzha het gister gesê nege mense word voorlopig as vermis beskou, insluitend twee kinders, en reddingswerkers gaan voort om die puin van die winkelsentrum op te ruim.
16 dood en 130 beseer in Russiese aanval op winkelsentrum in Oekraïne