# Rugby: Die Springbokke het hul nommer-een-plek op die Wêreldrugby-ranglys verloor nadat hulle gister ‘n nederlaag van 33-16 teen die All Blacks opEllispark gely het. Nieu-Seeland het ‘n verstommende vertoning in die tweede helfte gelewer na ‘n rustyd-agterstand van 13-12, en vier drieë aangeteken. Die uitslag gee die All Blacks nie net die vroeë voordeel in die vier-toets Rugby’s Greatest Rivalry-reeks nie, maar plaas hulle bo Suid-Afrika op die wêreldranglys. Die tweede toets word Saterdag op die Kaapstad-stadion gespeel.
Rugby: Springbokke verloor Wêreldrugby se nommer-een-plek ná All Blacks-nederlaag