# Die tweede adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Nomvula Mokonyane, sê die party sal nie individuele burgemeesterskandidate nou aankondig nie, maar slegs volledige spanne kandidate wat om munisipale poste meeding, bekend maak. Suksesvolle kandidate sal in September aangekondig word. Mokonyane sê die proses weerspieël die ANC se hernuwingsagenda, met groter verteenwoordiging deur vroue, jongmense, persone met gestremdhede en die LGBTQI-gemeenskap. Sy sê die nasionale leierskap het die keuringsproses bestuur met behulp van vasgestelde kriteria om interne geskille te vermy:
ANC se burgemeesterskandidate vir plaaslike regeringsverkiesing word in September aangekondig [KLANK]
ENG-MokonyaneOnCandidates