# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg versoek om te verklaar Nkosazana Dlamini-Zuma het hom belaster met bewerings dat hy geld aan afgevaardigdes by die party se 2022-konferensie uitgedeel het. Mbalula het die bewerings ontken en sê dit het sy reputasie skade berokken. Hy wil hê Dlamini-Zuma moet om verskoning vra en die bewerings terugtrek wat sy in ‘n onderhoud tydens ‘n aanlyn-uitsending gemaak het:
Mbalula vra die hof om te verklaar Dlamini-Zuma het hom belaster met bewerings van omkopery by konferensie [KLANK]
ENG MbalulaOnBriberyClaims