# Vyf mense word vermis nadat ‘n brand ‘n gebou verwoes het in die dorp Thusis in die Switserse Alpe. Dit het kort na middernag uitgebreek in ‘n gebou wat ‘n restaurant en woonstelle huisves. Agt mense is beseer, terwyl 14 mense ontsnap het. Ongeveer 100 brandbestryders is ontplooi en reddingspanne deursoek steeds die gebou. Die polisie sê die trap het ingetuimel weens die brand, en spanne moes ‘n hyskraan gebruik om op die dak te kom. Owerhede en aanklaers ondersoek die oorsaak van die brand.
Vyf mense vermis na ‘n brand in ‘n dorp in die Switserse Alpe