# Die Zambiese polisie het opposisieleier Brian Mundubile vir ondervraging ontbied oor ‘n beweerde komplot wat nasionale veiligheid bedreig. Mundubile, wat tweede gekom het in verlede week se verkiesing, het president Hakainde Hichilema se oorwinning verwerp en beweer die stemming is gemanipuleer. Hy wil die uitslag in die hof betwis. Die polisie sê Mundubile en sy vise-presidentskandidaat, Makebi Zulu, het skuiling gesoek by ‘n naamlose internasionale organisasie. Mundubile het voorheen die beweerde komplot as verdigsel afgemaak.
Zambiese polisie ontbied opposisie-leier Mundubile vir ondervraging