Skip to content

Rugby: Rassie vra Bok-ondersteuners om All Blacks se haka te respekteer

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het Suid-Afrika se ondersteuners gevra om die All Blacks se haka te respekteer in môre se toets in Johannesburg. Hy wil hê die verwagte partydige skare moet stilbly terwyl die teenstanders hul tradisionele voorwedstryd-ritueel op Ellispark uitvoer. Dit volg nadat die dreunsang “olé, olé” die Nieu-Seelandse uitdaging oordonder het tydens onlangse toetse in Suid-Afrika. Erasmus sê groot respek is getoon voor die All Blacks se toerwedstryde teen die Stormers in Kaapstad, die Haaie in Durban en die Bulls op Loftus.