Skip to content

Rugby: Sacha op losskakel en De Allende speel sy 100ste toets Saterdag teen die All Blacks

# Rugby: Damian de Allende sal sy 100ste toets vir die Springbokke speel as Jesse Kriel se sentermaat in Saterdag se eerste toets teen die All Blacks op Ellispark. Hy word die tiende Suid-Afrikaner wat hierdie mylpaal bereik. Afrigter Rassie Erasmus het Pieter-Steph du Toit as kaptein gekies in die afwesigheid van Siya Kolisi, met Sacha Feinberg-Mngomezulu en Grant Williams die skakelpaar. Manie Libbok en Cobus Reinach is die twee agterspelers op die bank. Ox Nché keer terug van ‘n besering om die skrum te anker in die nommer een-trui.