# Gholf: Die tweemalige Amerikaanse Ope-kampioen, Bryson DeChambeau, het sy deelname aan vanjaar se Nedbank-uitdaging bevestig. Die toernooi vind vroeg in Desember plaas op die Gary Player-buiteklub in Sun City, Noordwes. DeChambeau het vanjaar ook die LIV Gholf-toernooi op Steyn City in Johannesburg gewen. Die Suid-Afrikaanse gholfikoon, Gary Player, wat in sy loopbaan nege major-titels gewen het is die gasheer. Hy sê hy is verheug dat die Amerikaner vanjaar meeding oor sy passie, krag en toewyding aan die spel.
Gholf: Tweemalige Amerikaanse Ope-kampioen bevestig sy deelname aan Nedbank-uitdaging