# Die Polisie- en Gevangenisse-vakbond verwelkom die Arbeidshof se weiering van ‘n aansoek om verlof tot appèl teen die oordrag van bedrywighede by die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein in die Vrystaat. Die hof het voorheen beslis dat die oordrag na die Departement van Korrektiewe Dienste, met ingang 1 Julie, Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge in werking gestel het, wat beteken dat die betrokke G4S-werknemers outomaties oorgeplaas sal word. Richard Mamabolo van die vakbond sê die uitspraak beskerm regte en werksekerheid.
POPCRU loof Arbeidshof se uitspraak vir werkers in Mangaung