Skip to content

Hichilema loop vroeg voor in verkiesing in Zambië

# Die Zambiese president, Hakainde Hichilema loop voor in die presidensiële verkiesing, met 58,87-persent van die stemme in 135 kiesafdelings uit 226. Verkiesingsowerhede sê Hichilema het meer as 1,5-miljoen stemme verower, voor sy vernaamste uitdager, Brian Mundubile. Hichilema benodig meer as 50-persent om ‘n algehele oorwinning te behaal. Die verkiesing was grootliks vreedsaam, hoewel die telling kortliks opgeskort is na geweld teen verkiesingsbeamptes en die beweerde diefstal van stembriewe. Die finale uitslae word vandag verwag.