# Rugby: Die Springbok-voorspelers Elrigh Louw en Johan Grobbelaar is op die Bulle se bank ingesluit vir môre se wedstryd teen die All Blacks nadat die nasionale span hulle vrygestel het. Albei het vir Suid-Afrika gespeel in verlede naweek se oorwinning oor Argentinië. Afrigter Johan Ackermann sê dis wonderlik om hulle in sy span te hê nadat hy vroeër erken het die meeste van die spelers is nie wedstrydfiks na die af-seisoen nie. Die Bulle het nie gesê watter spelers onttrek is aan die span wat gister aangekondig is nie.
Rugby: Bulle verwelkom twee Bokke terug vir wedstryd teen All Blacks