# Krieket: Tanzid Hasan het geskiedenis gemaak in Darwin deur die eerste kolwer van Bangladesj te word om ‘n toets-honderdtal in Australië aan te teken. Bangladesj het die begin van die eerste toets oorheers en ná die tweede dag op 351 vir ses geëindig. Die besoekers het Australië gister vir slegs 198 uitgeboul nadat Hasan Mahmud ses paaltjies geneem het, insluitend dié van Steve Smith op 71. Tanzid Hasan is uiteindelik uitgevang vir 101, terwyl kaptein Najmul Hossain Shanto 84 bygedra het. Die laaste toets begin volgende Saterdag in Mackay.
Krieket: Hasan word eerste kolwer van Bangladesj om ‘n toets-honderdtal in Australië aan te teken