# Rugby: Slegs drie groeprondes is oor voor die Curriebeker-halfeindstryde. Griekwas is tans boaan die punteleer na drie oorwinnings en ‘n nederlaag, gevolg deur die Cheetahs, die Leeus en die Pumas. Die Boland Kavaliers is vyfde gevolg deur die Stormers-23, die Haaie-vyftiental en die Blou Bulle. In vandag se wedstryde gaan die Leeus en die Boland in Johannesburg sake uitspook en die Griekwas verwelkom die Haaie in Kimberley. Môre is die Pumas gasheer vir die Stormers in Mbombela en Sondag pak die Bulle die Cheetahs op Loftus.
Rugby: Slegs drie groeprondes oor voor die Curriebeker-halfeindstryde