Skip to content

Kuba herdenk Fidel Castro se geboorte te midde van verslegtende ekonomie

# Kuba vier die 100ste herdenking van Fidel Castro se geboorte, terwyl die land te kampe het met een van sy ergste ekonomiese en politieke krisisse. Meer as een-duisend-500 aktiviste uit meer as 60 lande het na Kuba gereis vir die herdenkingsgeleenthede ter ere van die voormalige rewolusionêre leier. Die Kubaanse president Miguel Diaz-Canel sê Castro se nalatenskap bly belangrik om die huidige uitdagings die hoof te bied. Die land ervaar kragonderbrekings van tot 20 uur per dag in baie provinsies, terwyl die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie ‘n olie-embargo ingestel en sanksies verskerp het, wat die druk op Kuba se ekonomie verhoog.