Skip to content

Rugby: Codie Taylor voer Saterdag die All Blacks aan teen die Bulle

# Rugby: Codie Taylor sal die All Blacks die eerste keer aanvoer in Saterdag se toerwedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span sluit ses spelers in wat betrokke was toe die toerspan die Haaie Dinsdag 54-0 afgeransel het in Durban. Die besoekers beskryf die Bulle as ‘n trotse span wat op een van Suid-Afrika se indrukwekkendste stadions speel. Hulle sê die wedstryd is die laaste uitdaging voor die toetsreeks teen die Springbokke volgende Saterdag op Ellispark in Johannesburg afskop.