Skip to content

Rugby: Bosch dra die Bulle se nommer tien-trui teen die All Blacks

# Rugby: Curwin Bosch sal die nommer tien-trui dra in sy eerste wedstryd vir die Bulle wanneer hulle Saterdag op Loftus teen die All Blacks speel. Hy het onlangs van Brive in Frankryk teruggekeer. Bosch se skakelmaat sal die Springbok Embrose Papier wees, met die veteraan Willie le Roux op heelagter. Hanro Liebenberg, wat onlangs van Leicester Tigers in Engeland verhuis het, sal die nommer sewe-flank wees, met Marcell Coetzee as kaptein. Die Bulle, toe bekend as Noord-Transvaal, het die All Blacks in hulle vorige wedstryd in 1976 geklop.