Skip to content

MANCOSA vra meer moontlikhede vir om tersiêre onderwys

# MANCOSA waarsku Suid-Afrika se tersiêre onderwysstelsel het moontlik nie genoeg kapasiteit om die groeiende aantal kwalifiserende matriekleerders te akkommodeer nie. Die Direkteur en Hoof- Akademiese Beampte van MANCOSA, Zaheer Hamid, sê openbare instellings ontvang aansoeke wat die beskikbare plekke oorskry, wat sommige studente wat wel akademies kwalifiseer sonder geleenthede laat om te studeer. Hy sê geakkrediteerde privaat instellings kan help om toegang uit te brei deur middel van buigsame leermodelle. Hamid doen ‘n beroep op groter samewerking, finansiële ondersteuning vir studente en vaartbelynde regulering om meer moontlikhede vir tersiêre onderwys te skep.