Skip to content

Krieket: Afganistan is gasheerland vir T20-reeks teen Indië in Delhi

# Krieket: Afganistan sal die gasheerland wees in volgende maand se drie T20-wedstryde teen Indië in Delhi, Indië. Afganistan het sedert 2021 meestal hul tuiswedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel weens veiligheidsbekommernisse in hulle vaderland. Die voorsitter van Afganistan se Krieketraad, Mirwais Ashraf, sê hulle glo Indië bied ‘n uitstekende omgewing vir die reeks, terwyl die Indiese raad se president, Mithun Manhas, sê hulle is daartoe verbind om die groei van Afgaanse krieket te ondersteun. Die reeks begin die 13de.