Skip to content

Rugby: Curwin Bosch maak sy buiging vir die Bulle teen die All Blacks

# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel, Curwin Bosch, gaan in die diepkant ingegooi word wanneer hy die naweek sy buiging vir die Bulle teen die All Blacks maak. Hy het die Haaie in 2023 verlaat en die volgende jaar vir Brive in Frankryk uitgedraf voor hy onlangs by die Pretoriase span aangesluit het. Die 29-jarige, wat die eerste van sy twee toetse in 2017 gespeel het, sê hy is steeds vasbeslote om weer vir die Bokke te speel en hy glo as hy Saterdag presteer, sal dit sy poging aanhelp.