# City Power hanteer meer as ses-duisend uitstaande onderbrekings-klagtes in Johannesburg namate ysige temperature die vraag na elektrisiteit verhoog. Die kragonderneming sê ongunstige weerstoestande vertraag reaksietye, terwyl verhoogde kragverbruik bykomende druk op die elektrisiteitsnetwerk plaas. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê spanne werk om die toevoer te herstel. Hy vra inwoners om onderbrekings deur sy amptelike kanale aan te meld terwyl herstelspanne steeds besig is met herstelwerk.
City Power worstel met meer as ses-duisend onderbrekings-klagtes namate koue die vraag in Johannesburg verhoog