# ActionSA doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n nolle prosequi-sertifikaat uit te reik aan die families van die drie Lily-mynwerkers wat in 2016 oorlede is. Matthew George van die party sê die sertifikaat sal die families toelaat om privaat vervolging in te stel nadat die NVG besluit het om nie strafregtelike op te tree nie. Hy sê die Mbombela-landdroshof in Mpumalanga het in ‘n geregtelike doodsondersoek die families se oproep vir aanspreeklikheid ondersteun. Die families wag al vir meer as ‘n dekade vir geregtigheid.
ActionSA dring aan op NVG-sertifikaat vir families van Lily-mynwerkers