# Die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum dring aan die nuutaangestelde Wes-Kaapse polisiekommissaris, Sizakele Dyanti, moet ‘n ander benadering volg as sy voorganger, Thembisile Patekile. Dyanti begin op 1 September in die pos. Die oproep volg op die dood van 11 mense hierdie naweek in afsonderlike voorvalle regoor die provinsie. Abie Isaacs van die forum sê Dyanti moet intelligensie-insameling verbeter en proaktiewe polisiëringstrategieë aanneem. Hy vra vir die gebruik van polisiehelikopters en integrasie met militêre intelligensie om misdaadaktiwiteite te beveg.
Kaapse Vlakte Veiligheidsforum dring aan nuwe polisiekommissaris moet benadering verander