# Sokker: Banyana Banyana het outomatiese kwalifikasie vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker misgeloop na ‘n 2-1 kwarteindronde-nederlaag teen die gasvrouland Marokko by die Afrika-beker vir Vroue in Rabat. Die nederlaag het Suid-Afrika se titelverdediging beëindig en hulle uitgeskakel in die toernooi se hoofkompetisie. Desiree Ellis se span het egter steeds ‘n kans om vir die Wêreldbeker te kwalifiseer deur middel van uitspeelwedstryde. Die kwarteindstryd-verloorders sal meeding vir ‘n plek in die FIFA interkonfederasie-uitspeeltoernooi.
Sokker: Banyana Banyana se Wêreldbeker-droom moet eers wag