# Rugby: Die Springbok-vrouespan het gister ‘n geskiedkundige oorwinning van 55-12 oor die Fijiana XV in die Suva-stadion behaal. Suid-Afrika het van die begin af oorheers en perfek by die nat toestande aangepas om ‘n voorsprong van 27-7 met rustyd te behaal. Die sterk voorspelers het die grondslag gevorm vir ‘n aanslag van nege drieë, met ‘n tweekuns vir Xoliswa Khuzwayo. Die plaasvervanger-kaptein, Libbie Janse van Rensburg, het die span knap gelei en haar nasionale punterekord verbeter. Die twee spanne kom Saterdag in Lautoka weer teen mekaar te staan in die tweede en laaste toets.
Rugby: Springbok-vroue klop Fidji in eerste toets