# Atletiek: Span Suid-Afrika het tot die sesde plek gevorder by die 2026 o.20 Wêreldatletiekkampioenskappe in Eugene, Oregon, en altesaam agt medaljes verower. Daar was gister twee goues toe Jan-Hendrik Heymans die spiesgooi-eindronde oorheers het met ‘n wêreldklas afstand van 80,50-meter. Michael-André Edwards het ook goud in die driesprong behaal met ‘n afstand van 17,08-meter. Marko Ferreira het brons in die 100-meter naelloop verwerf en Jaco van Dyk ook brons met 19,8-meter in die gewigstoot. Dit bring die totale medaljes te staan op twee goud-, twee silwer- en vier brons.
Atletiek: Agt medaljes tot dusver vir Span SA by O.20 Wêreldkampioenskappe