Skip to content

Kaapstadse burgemeester verwelkom oorweging om ondersoekbevoegdhede aan metropolisie te gee [KLANK]

# Die Kaapstadse burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bereidwilligheid om te oorweeg dat metropolisiedienste ondersoekbevoegdhede kry, is ‘n positiewe stap in die stryd teen misdaad. Volgens Hill-Lewis sal die uitbreiding van hierdie magte die metropolisie toelaat om meer doeltreffend met die Suid-Afrikaanse Polisiediens saam te werk om bendegeweld, onwettige vuurwapens en dwelmverwante misdaad aan te pak. Hy het Cachalia gevra om die SAPD-wet sonder versuim te wysig:

ENG GeordinOnWillingness