Skip to content

Thaise tiener skiet agt mense dood, insluitend sy grootouers

# n Veertienjarige seun het vanoggend agt mense in Thailand doodgeskiet en minstens 22 gewond. Volgens owerhede het die tiener eers sy grootouers doodgeskiet in sy huis aan die buitewyke van Bangkok. Hy is daarna na sy skool, die Debsirin Nonthaburi School, waar hy drie onderwysers en drie kinders doodgeskiet het. Die seun het homself toe geskiet en op pad hospitaal toe gesterf. Thailand se Sentrale Ondersoekburo sê ‘n handwapen en meer as 60 rondes ammunisie is in die skool gevind.