Skip to content

VN sê Amerika se uitleweringsaak teen die Tate-broers is ‘n stap na aanspreeklikheid

# Die Verenigde Nasies verwelkom voortgesette verrigtinge in Amerika om die aanlyn inhoudskeppers Andrew en Tristan Tate aan Brittanje uit te lewer. Die 59 aanklagte teen die broers, wat strek van 2010 tot 2017, sluit in verkragting, aanranding, mensehandel en oortredings in verband met onsedelike beelde van ‘n kind en uiterste pornografie. ‘n Onafhanklike VN-menseregtekenner, Reem Alsalem, sê oortreders van geweld teen vroue gebruik dikwels vertragings in die regsproses, gebrekkige samewerking tussen regsgebiede, hul rykdom, mag of openbare aansien om verantwoording te ontduik. Sy vra dat die geregtigheidsproses uitgebrei word.