# Veertien mense is dood en minstens 22 beseer in Russiese aanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, en omliggende gebiede. Moskou se Ministerie van Verdediging sê sy Weermag het ‘n grootskaalse aanval met grondgeleide wapens en langafstand-aanvalshommeltuie uitgevoer. Volgens die ministerie is vervoer-, logistieke en verspreidingsaanlegte geteiken. Rusland beweer die aanlegte word gebruik vir die berging en vervoer van wapens en ander militêre voorraad. Minstens 377 burgerlikes is verlede maand dood in Russiese aanvalle in Oekraïne, die dodelikste maand sedert die oorlog begin het.
Veertien mense sterf en meer as 20 gewond in Russiese ballistiese missielaanval in Oekraïne