# Rugby: Die All Blacks beskou Vrydag se eerste toerwedstryd teen die Stormers in Kaapstad as ‘n regte toets. Dit sal die eerste van vier wedstryde teen Suid-Afrika se Verenigde Rugbykampioenskap-spanne wees – die ander is in Durban teen die Haaie, in Pretoria teen die Bulle en in Johannesburg teen die Leeus. Nieu-Seeland en die Springbokke speel ook drie toetse in Suid-Afrika en ‘n vierde in Amerika. Agsteman Wallace Sititi beskou die Stormers se pak voorspelers as ‘n reuse-bedreiging wat hulle moet respekteer. Afskop is die aand sewe-uur.
Rugby: All Blacks beskou openingswedstryd teen Stormers as ‘n volwaardige toets