Skip to content

JMPD arresteer 166 dronkbestuurders binne ‘n week [KLANK]

# Die Johannesburgse metropolisie het 166 motoriste in hegtenis geneem vir dronkbestuur in operasies wat tussen 27 Julie en 2 Augustus uitgevoer is. Die arrestasies was tydens hoësigbaarheidspatrollies, padblokkades en roetine- wetstoepassingsoperasies. Xolani Fihla van die departement sê dronkbestuur bly een van die grootste oorsake van ernstige en noodlottige botsings. Hy vra motoriste om alternatiewe vervoer te reël indien hulle van plan is om alkohol te drink.

ENG FihlaOnDrunkDriving