# Sokker: Banyana Banyana is onder druk in vanaand se Afrikabeker-kragmeting met die sterk Ivoorkus na ‘n swak begin in die toernooi. Die verdedigende kampioen het in die eerste ronde teen die onbesonge Tanzanië verloor en moet vanaand wen in Casablanca, Marokko, om op koers te bly na die volgende ronde. Die ervare vleuel Linda Motlhalo, wat al 100 wedstryde vir Suid-Afrika gespeel het, sê dis belangrik om alles uit te haal en op een wedstryd op ‘n keer te konsentreer. Afskop op die Stadion Moulay Rachid is sewe-uur.
Sokker: Banyana onder druk in Wafcon-wedstryd teen sterk Ivoorkus