# Dertien mense, insluitend kinders, is in die vroeë oggendure in Russiese lugaanvalle in Oekraïne dood. Die aanval volg ure nadat die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, die land gewaarsku het oor Moskou se reuse-aanval. Twee meisies van vyf en 12 jaar is onder die ses mense wat in Kryvyi Rih dood is. Nog ses mense is in aangrensende streke dood en een in die hoofstad, Kiëf. Zelensky sê die aanvalle het huise, ondernemings en infrastruktuur beskadig of vernietig, terwyl meer as 260 hommeltuie onderskep is.
13 mense, insluitend kinders, sterf in Russiese lugaanvalle op Oekraïne