# Statebondspele: Die swemmer Pieter Coetze is Suid-Afrika se grootste uitblinker op die Statebondspele in Glasgow. Hy het sy derde goue medalje verower toe hy die mans-100-meter rugslag gewen het in die tweede vinnigste tyd ooit. Die 22-jarige se tyd van 51,77-sekondes is slegs 0,17-sekondes stadiger as die wêreldrekord wat die Italianer Thomas Ceccon vier jaar gelede opgestel het. Coetze is ook die eerste manlike swemmer om drie goue medaljes in Skotland te wen nadat die Australiërs Lani Pallister en Jenna Forrester dieselfde prestasie in die vroue-afdelings behaal het.
Statebondspele: Swemmer Pieter Coetze skitter vir Suid-Afrika met drie goue medaljes in Glasgow