Skip to content

Drie in KZN in hegtenis geneem toe polisie beslag lê op dwelms van meer as R1-miljoen

# Drie verdagtes sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Amanzimtoti verskyn nadat die polisie beslag gelê het op kokaïen ter waarde van meer as ‘n miljoen-rand tydens ‘n klopjag in Kingsburgh, Durban. Die KwaZulu-Natalse Dwelm- en Vuurwapeneenheid het in ‘n woonstel in ‘n vakansie-oord dwelms, verseëlmasjiene en ‘n skaal ontdek wat na bewering gebruik is om kokaïen te verwerk en te verpak. Woordvoerder Paul Magwaza sê ‘n verdagte het probeer vlug, maar is vasgetrek.