# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê dialise-dienste gaan ononderbroke voort in die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal, ondanks onlangse tekorte aan noodsaaklike dialise-benodigdhede. Woordvoerder Steve Mabona sê gebeurlikheidsmaatreëls het verseker dat alle behandelings voortgaan en geen behandelings is gekanselleer of uitgestel nie. Hy sê dialise-filters is tydelik vanaf nabygeleë geriewe verkry. Mabona voeg by verkryging is versnel en maatreëls word ingestel om voorsieningskettingbestuur te versterk:
Gauteng verseker openbare dialise-dienste gaan voort in Charlotte Maxeke [KLANK]
ENG MabonaOnDiyalisis